Facilities
Anna Boeremeisie offers two braai (barbecue) areas and free, secure on-site parking for all guests.
Five of our family units each feature a private patio, while the five standard guest rooms are connected by a shared veranda.
Most of our guest rooms are equipped with a fully fitted kitchen or kitchenette. Some units, however, are equipped with only a bar fridge and kettle and do not offer self-catering facilities. Please enquire before making your reservation if this is an important requirement.
For your comfort, all guest rooms are equipped with a television with selected free-to-air channels and complimentary Wi-Fi.
To ensure a peaceful and enjoyable stay for all our guests, private parties, speakers, and loud music are not permitted on the property. Group bookings will be allowed at our discretion and we will appreciate if you call us to discuss the nature of such requests.
Fasiliteite
Anna Boeremeisie beskik oor twee braai-areas en bied gratis, veilige parkeerplek op die perseel.
Vyf van ons gesinseenhede het elk hul eie privaat patio, terwyl die vyf standaard-gastekamers deur ‘n gemeenskaplike stoep verbind word.
Die meeste van ons gastekamers beskik oor ‘n volledig toegeruste kombuis of mini-kombuis. Sommige eenhede is egter slegs toegerus met ‘n kroegyskas en ketel en bied nie selfsorgfasiliteite nie. Vra gerus hieroor voordat u bespreek.
Al ons gastekamers is toegerus met ‘n televisie met oop kanale en gratis Wi-Fi vir u gerief.
Om ‘n rustige en aangename verblyf vir al ons gaste te verseker, word privaat partytjies, luidsprekers en harde musiek ongelukkig nie op die perseel toegelaat nie.
Groepbesprekings sal na ons goeddunke toegelaat word, en ons sal dit waardeer as u ons skakel om die aard van die versoek te bespreek.